Ons versoek u vriendelik om uself daarvan te vergewis èn tyd af te staan om dit ook met u kind te bespreek.
1.Leerlinge mag nie van kantoorhekkie gebruik maak in die oggende en in die middae nie.
2.Daar mag nie gedurende klaswisseling gesels of op die stoepe gehardloop word nie.
3.Geen leerder mag sonder toesig in klaskamers, saal of op die pawiljoen, voor en na skool of gedurende pouse wees nie.
4.Maak gebruik van paadjies en trappe.
5.Geen junior leerder mag na 13:00 sonder toesig op die skoolterrein of by die hekke en klimapparaat wees nie.
6.Fietse moet die terrein binne gestoot word.
7.Niemand mag op enige plek op die terrein met fietse ry nie.
8.Leerders mag nie onder motor-afdakke van onderwysers wag of by die motors speel nie.
9.Geen leerder mag die skoolterrein gedurende skoolure sonder toestemming van die hoof of adjunkhoof verlaat nie. Toestemming moet skriftelik aangevra word.
10.Niemand mag op die stoepe eet of drink nie.
11.Geen leerder mag na-ure sonder toesig op die terrein wees nie. Ook nie gedurende naweke of vakansies nie.
12.Na afwesigheid moet leerder ‘n verskoningsbrief bring.
13.Geen leerder mag iets by die skool verkoop nie (uitgesonder entrepreneursdae)
14.Geen kougom mag skool toe gebring word nie.
15.Ouers moet kinders buite die skoolterrein oplaai en aflaai.
16.Troeteldiere en duursame speelgoed moet tuis gelaat word.
17.Geen leerder mag skoolapparaat sonder toesig hanteer nie.
18.U as ouers dra die verantwoordelikheid as u kind skooleiendom beskadig.
19.Boeke moet in ‘n skooltas wees en nie in ‘n sportsak nie.Geen “graffiti” op tasse nie.
20.Geen leerder mag iets negatief doen wat die naam of die trots van die skool in gedrang bring nie.
21.Geen eksentrieke haarstyle by sowel seuns as dogters word toegelaat nie.
Seuns:- geen “steps” in hare nie, hare mag ook nie oor die oë of hempskraag hang nie. Dogters:- lang hare moet vasgemaak wees. Linte, rekkies ens. moet in skoolkleure wees.
Seuns/dogters:- geen haarmiddels soos bv. “gel”, haarsproei, kleursjampoe, ens. word toegelaat nie. Baie lang “kuif” moet met ‘n haarknippie vasgesteek word sodat dit nie in die dogter se oë hang nie.
22.Juwele:-
Seuns:- geen juwele
Dogters:- slegs seëlring en een paar ”studs” of oorringetjies is toelaatbaar
23.Selfone mag skool toe gebring word maar moet deurgaans in die tas gehou word. Dus mag geen selfoon gedurende skoolure op die terrein gebruik word nie. Selfone sal gekonfiskeer word indien dit gedurende skoolure gebruik word. “Smart watch” selfde as selfoon.