By Laerskool Eligwa speel ouermiddae ‘n belangrike rol in die samewerking tussen ouers, leerders en onderwysers. Hierdie geleenthede bied ‘n platform vir ouers om meer insig te kry in hul kinders se akademiese vordering, gedrag en algemene welstand by die skool.
Ons ouermiddae is die tweede week van die nuwe kwartaal. Slegs leerders van Gr.1– 7 wat briewe ontvang se ouers word uitgenooi na die ouermiddag.
Die skool besef die belangrikheid van goeie kommunikasie met ouers en streef daarna om ‘n vennootskap te bou wat elke leerder se akademiese en persoonlike groei bevorder.