ONS SPAN
Die geskiedenis van mascots is verweef met die menslike kultuur en het ‘n lang pad geloop. Die gebruik van maskers en kostuums om diere uit te beeld, dateer terug na die antieke tye. Hierdie figure het ‘n simboliese betekenis uitgebeeld. ‘n Goeie voorbeeld is die moed en mag van ‘n leeu. Gelukbringers is deur die loop van geskiedenis baie tydens sportgeleenthede gebruik. Daar is ook voorbeelde van lewendige mascots, soos die bekende bulldog van Yale University vanaf 1889. Later het Mascots verander in gekostumeerde karakters. Die gebruik van mascots is algemeen in skole en universiteite, maar word ook deur groot kommêrsiële besighede gebruik vir bemarking.
In 2023 het Laerskool Eligwa met trots vir ‘Barend’ verwelkom. Barend is die produk van die skool se deelname aan die arendkompetisie. Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het, en bygedra het tot die koms van ons eie gelukbringer. Barend is daar om ons leerders aan te moedig tydens sportbyeenkomste, te vermaak, en ook om die trotse postuur van ons skool uit te beeld. Wanneer jy vir Barend raakloop kan jy gerus groet, hy is vriendelik. Moet tog net nie aan sy stert pluk nie! Daarvan hou hy regtig nie!