ONS BIED OOK
- Advertensiebord teen die palisades: U moet self die afmetings neem, bord voorsien en vas sit. Daar is dan ‘n bedrag van R200 per maand betaalbaar vir die huur van die spasie.
- Pamflette vir uitdeel: U kan vir alle leerders van graad RR-7 uitdeel teen R350. U moet u eie pamflette voorsien.
- Facebook: Indien u op Facebook wil adverteer is dit R350 per plasing.
- Weblad: Indien u op die webblad wil adverteer is dit R350 per maand.
Ontdek ons onlangse stories en aktuele nuus in ons aanlynkoerant.
Nie net ‘n koerant nie, maar ‘n ervaring!
Ons snoepie het ongelukkig nie kaartfasiliteite nie. Ons maak slegs gebruik van kontant.
Verskillende kossoorte word te koop aangebied by die snoepie.
Koeldranke, skyfies en lekkers is elke dag beskikbaar.
Vir enige kosbestellings, sportbyeenkomste of enige ander geleentheid rakende die snoepie kontak Amanda by 083 369 1134.
Eligwa Naskool het omgee-toesighouers; elke kind is kosbaar.
Gr. RR- & R-leerders word elke middag by hul klasse deur Naskool-toesighouers afgehaal, op presensielys afgemerk en stap dan saam Naskool toe.
Eet en speel in binnehof. Op reëndae is daar ń klas waarin kinders toelaatbare DVD’s mag kyk.
Gr.1- tot Gr.7-leerders meld na skool by hul toesighouers aan. Elke graad het sy eie huiswerkklas, met ń toesighouer. Leerders kry ń halfuur breuk om te verklee en te eet. Presensie word geneem. Skriftelike huiswerk is 1ste prioriteit, daarna lees- en leerwerk. Verpligte studietyd tydens eksamen en toetsreekse.
Koeldrank en koue water word elke middag voorsien.
Ina Labuschagné
behartig die naskool snoepie elke middag. Sy voorsien ook ń weeklikse spyskaart, waarvolgens kinders wat belangstel, se middag-kos, bestel kan word. Mikrogolfoonde ook beskikbaar. Vir enige navrae rakende die snoepie kontak haar gerus by 074 446 7096.
Eligwa Naskool is gedurende skooldae oop vanaf 12:15 tot 17:30. Publieke vakansiedae gesluit.
Skoolvakansies is die Naskool weeksdae oop vanaf 06:45 tot 17:30, behalwe Desember vakansie.
Sherron de Koker
Vir enige navrae rakende die naskool kontak haar gerus by 082 354 5718.
Die klerebank word bedryf deur Mev. Christelle Fourie vanaf haar woning. Indien daar enige behoefte is, kan u haar gerus kontak by 0760769294.
1. Navy broekromp, wit hemp, das, kleurbaadjie met navy kouse en swart skoolskoene.
2. Navy broekromp, wit hemp, met navy kouse en swart skoolskoene.
3. Navy broekromp, wit hemp, oortrektrui met navy kouse en swart skoolskoen.
Navy trui of drimac vir koeler dae.
1. Grys kortbroek, wit hemp, das, kleurbaadjie met lang grys kouse en swart skoolskoene.
2. Grys kortbroek, wit hemp met lang grys kouse en swart skoolskoene.
3. Grys kortbroek, wit hemp, das, oortrektrui met lang grys kouse en swart skoolskoene.
Navy trui of drimac vir koeler dae.
1. Sweetpak, wit hemp met das, navy, grys of “branded” kouse met wit, swart of navy tekkies.
2. Grys langbroek, wit hemp, das, drimac, grys kouse en swart skoolskoene.
3. Grys langbroek, wit hemp, das, sweetpak baadjie, grys kouse en swart skoolskoene.
4. Broekromp, navy sykouse, wit hemp, das, trui / oortrektrui, kleurbaadjie met swart skoolskoene.
5. Broekromp, navy sykouse, wit hemp, das, trui met swart skoolskoene.
Daar is ‘n dogterssnit grys langbroek beskikbaar.
1. Grys langbroek, wit hemp, das, sweetpak baadjie, grys kouse en swart skoolskoene.
2. Grys langbroek, wit hemp, das, drimac, grys kouse en swart skoolskoene.
3. Grys langbroek, wit hemp, das, trui / oortrektrui, kleurbaadjie met grys kouse en swart skoolskoene.
4. Grys langbroek, wit hemp, das, trui / oortrektrui met grys kouse en swart skoolskoene.
5. Sweetpak, wit hemp met das, navy, grys of “branded” kouse met wit, swart of navy tekkies.
Leerlinge mag hul Vrydagdrag op Vrydae dra met “branded” kouse. Leerlinge wat Provinsiale kleure verwerf het in ‘n bepaalde sportkode, mag ook die T-hemp saam met die nuwe kortbroek dra.
Let wel: Indien u kind nie oor Vrydagdrag beskik nie moet hul skooldrag dra.
GEEN GEKLEURDE KOUSE OF SKOENE!
Atletiekhemp met navy “ski-pants”.
By Laerskool Eligwa glo ons dat spangees en trots in ons skool se kleure ’n belangrike deel van sportdeelname is. Ons spandrag dien nie net as ’n simbool van ons skool nie, maar ook as ’n bron van eenheid en motivering vir elke speler en ondersteuner. Met elke wedstryd wat ons speel, dra ons ons spandrag met trots – die kleure en simbole wat ons as ‘n span en skool verteenwoordig.
Ons streef daarna om ons skool se waardes van respek, dissipline en deursettingsvermoë te weerspieël deur hoe ons op en van die veld optree. Die spandrag herinner elkeen van ons daaraan dat ons nie net individueel speel nie, maar vir die span en ons skool se naam. Deur in eenvormige drag aan te tree, voel ons verbind aan mekaar en aan die tradisie van ons skool.
Ons sportspandrag is meer as net klere – dit is deel van wie ons is as ‘n span en dit herinner ons aan die trots wat kom met die dra van ons skool se naam.
Ons eie “branded” kouse om saam met sportdrag, Vrydagdrag en sweetpakke te dra.
Bestellings kan geplaas word by M. Kuhn tydens registerperiodes (07:30-07:45).
Kontant met bestelling.
VERVAARDIGING VAT 7-12 WERKSDAE
Pryslys:
XS tot L – R270
XL – R280
2XL – R290
3Xl – R300
4XL – R310
Laerskool Eligwa is ‘n skool met hart en daarom is ons skool se Voedingskema vir ons baie belangrik.
Tydens skooltyd word daar pouses aan behoeftige leerders kospakkies uit die kombuis voorsien. Hierdie kospakkies word moontlik gemaak deur ouers , instansies en ander mense in die gemeenskap wat bereid is om vrywilliglik pouse kospakkies aan die skool te voorsien.
Indien u graag sal wil betrokke raak by ons Voedingskema deur van hierdie pouse kospakkies te voorsien, besoek of kontak gerus ons skool kantoor en gee dan u naam en nommer deur vir Juffrou Bianca Goss se aandag. U sal dan gekontak word met die nodige inligting.
Finansiële skenkings word aangewend vir kospakkies en skryfbehoeftes vir ons behoeftige gesinne.
Al ons Eligwa leerders en gesinne lê ons baie na aan die hart en elke bydrae tot ons Voedingskema word opreg waardeer.
Ons is bevoorreg om ‘n Opvoedkundige Sielkundige op die perseel te hê.
Heleneze van Zyl is in diens van die skool en is Maandae en Woensdae beskikbaar by Eligwa. Hierdie is ‘n gratis diens wat deur die skool gelewer word.
Kinders sal deur die onderwysers aangemeld word, waarna Heleneze met ouers kontak sal maak.
Dit is vir ons skool belangrik dat ons kinders gelukkige kinders moet wees by die huis sowel as by die skool. Hulle moet vry wees van sorge en bekommernisse sodat hulle al hul energie, fisies sowel as emosioneel, kan aanwend om optimaal te presteer op akademiese sowel as nie-akademiese gebied.
Om ons kinders in hierdie opsig by te staan en te ondersteun, is die dienste van die Opvoedkundige Sielkundige by die skool beskikbaar.
Sy het as ‘n Opvoedkundige Sielkundige gekwalifiseer nadat sy haar Meestersgraad suksesvol voltooi het en is by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) as ‘n Opvoedkundige Sielkundige geregistreer. Haar privaat praktyk is in Vanderbijlpark geleë en bedien die groter Vaaldriehoek area en werk met individue wat ‘n verskeidenheid probleme het.
B.Ed (Honours) Educational Psychology
N.W.U
M.Ed (Educational Psychology)
U.J
Ons spog met ‘n naskool musiek opleidings fasiliteit!
By die musiekskool bevoordeel ons ook die leerling se selfbeeld en selfvertroue in ‘n positiewe en opbouende omgewing.
Verskeie instrumente om van te kies!
Wanneer die instrument van keuse bepaal is, gaan opleiding in die gekose instrument voort.
Opleiding:
– Instrument Hantering
– Basiese Vaardighede
– Musiekteorie
Inskrywingsvorms is by die kantoor beskikbaar of kontak Meneer Marschell Brummer by 079 888 7736.