NASKOOLSENTRUM

Eligwa Naskool het omgee-toesighouers; elke kind is kosbaar.

Gr. RR- & R-leerders word elke middag by hul klasse deur Naskool-toesighouers afgehaal, op presensielys afgemerk en stap dan saam Naskool toe.

Eet en speel in binnehof. Op reëndae is daar ń klas waarin kinders toelaatbare DVD’s mag kyk.

Gr.1- tot Gr.7-leerders meld na skool by hul toesighouers aan. Elke graad het sy eie huiswerkklas, met ń toesighouer. Leerders kry ń halfuur breuk om te verklee en te eet. Presensie word geneem. Skriftelike huiswerk is 1ste prioriteit, daarna lees- en leerwerk. Verpligte studietyd tydens eksamen en toetsreekse.

Koeldrank en koue water word elke middag voorsien.

Ina Labuschagné

behartig die naskool snoepie elke middag. Sy voorsien ook ń weeklikse spyskaart, waarvolgens kinders wat belangstel, se middag-kos, bestel kan word. Mikrogolfoonde ook beskikbaar. Vir enige navrae rakende die snoepie kontak haar gerus by 074 446 7096.

Eligwa Naskool is gedurende skooldae oop vanaf 12:15 tot 17:30. Publieke vakansiedae gesluit.

Skoolvakansies is die Naskool weeksdae oop vanaf 06:45 tot 17:30, behalwe Desember vakansie.

Sherron de Koker

Vir enige navrae rakende die naskool kontak haar gerus by 082 354 5718.