Na vele ondersoeke, vergaderings en samesprekings tussen die beheerliggame, hoofde, personeel en ander belanghebbendes is daar in 2005 besin dat die amalgamasie van Laerskool Historia en Laerskool Voorslag die beste opsie sal wees vir die voortbestaan van een skool. Indien een groot skool gevorm kan word sal alle betrokkenes daarby baat. Na die departement goedkeuring gegee het moes daar gekyk word watter skool gebruik gaan word.
Na ‘n indiepte ondersoek is daar gevind dat die geboue van Laerskool Voorslag geografies die beste geleë is aangesien dit die enigste skool is wat aan die westekant van die dorp geleë is.
In die voedingsgebied vind daar nog groot uitbreidings en ontwikkeling plaas terwyl die gebied rondom Laerskool Historia versadig is en dat uitbreiding gestagneer het. ‘n Interessante brokkie nuus is dat die twee skole in een tydelike gebou gehuisves was terwyl die huidige skole in aanbou was.
Vir die ouergemeenskappe van die twee skole is ‘n gesamentlike braai gereël by Laerskool Historia. (Die afskeidsbraai). Daar is met ‘n nuwe skool begin, met nuwe skoolklere, wapen en skoollied. Die nuwe naam van die nuwe skool is Eligwa. Dit beteken “Naby die water”.
Beide Mnr. Botter Herbst en Mnr. Cassie Vorster was in 2005 Hoof van Laerskool Eligwa en vanaf Januarie 2006 was Mnr. Cassie Vorster amptelik die eerste Hoof van Laerskool Eligwa.
By Laerskool Eligwa is ons daartoe verbind om ‘n omgewing te skep wat die beste moontlike onderrig- en leerervaring vir ons leerders en personeel bied. Daarom het ons verskeie opgraderings en verbeterings aan ons skoolgeriewe geïmplementeer oor die afgelope paar jaar.
Hier is ‘n oorsig van opgraderings wat ons skool ondergaan het:
Sonpanele In 2020 het ons sonpanele geïnstalleer om ons energieverbruik meer volhoubaar en kostedoeltreffend te maak. Hierdie inisiatief help ons om ons koolstofvoetspoor te verminder en dra by tot ‘n groener omgewing. Dit ondersteun ook ons skool se missie om bewusmaking oor omgewingskwessies by ons leerders te bevorder.
Boorgat Ons het ook in 2020 ‘n boorgat gesink om ‘n betroubare waterbron vir die skool te verseker. Hierdie verbetering is noodsaaklik vir die instandhouding van ons sportvelde en tuine, en dit help ons om waterkostes te bespaar en volhoubaarheid te bevorder.
Kragopwekker Ons het ‘n kragopwekker geïnstalleer om ‘n betroubare en ononderbroke kragtoevoer vir die skool te verseker. Hierdie inisiatief is noodsaaklik om ons leer- en onderrigproses te ondersteun, veral tydens onvoorspelbare kragonderbrekings. Die kragopwekker help ons om skoolaktiwiteite sonder onderbreking voort te sit, wat die algemene ondervinding van leerders en personeel verbeter.
Watertenks In 2023 het ons watertenks geïnstalleer om reënwater op te vang en te stoor. Hierdie stelsel help ons om water vir besproeiing en ander nie-drinkbare gebruike te herwin, wat ons afhanklikheid van munisipale water verminder en bydra tot waterbewaring.
Nuwe Graad RR/R Lokale Ons het ook nuwe klaskamers vir ons Graad RR en Graad R leerders gebou. Hierdie moderne fasiliteite is ontwerp om ‘n stimulerende en veilige leeromgewing te bied vir ons jongste leerders, en sluit speelse en leergerigte ruimtes in.
Bankies Ons het herwinbare plastiekbankies rondom die bome op ons skoolterrein geplaas om ‘n gemaklike en omgewingsvriendelike rusplek vir die leerders tydens pouse te bied. Hierdie bankies is nie net prakties nie, maar bevorder ook bewusmaking van die belangrikheid van herwinning en die hergebruik van materiale.
Dakke Ons het opgraderings aan die skool se dakke gedoen om seker te maak dat alle geboue weerbestand en veilig is. Hierdie opgraderings verbeter die struktuur se algehele integriteit en verseker ‘n gemaklike leeromgewing, ongeag die weerstoestande.
Saalvloer Die saalvloer is ook opgegradeer om ‘n beter oppervlak vir verskeie skoolaktiwiteite te bied, insluitend sport, vergaderings en kulturele gebeurtenisse. Hierdie opgradering dra by tot die funksionaliteit en estetika van ons skoolsaal.
Kantore Ons kantore is opgeknap om ‘n meer funksionele en professionele werksomgewing vir ons personeel te bied. Hierdie verbeterings ondersteun die administratiewe doeltreffendheid en dra by tot ‘n positiewe werksomgewing.
Skadunette Ons het skadunette voor die Graad 1-klaskamers aangebring om skaduwee en beskerming teen die son te bied. Hierdie skadunette skep ‘n koeler, meer gemaklike buitelugruimte vir ons jongste leerders om tydens pouses en ander buitemuurse aktiwiteite te geniet.
Personeelkamer In 2024 het ons ons personeelkamer opgeknap om ‘n meer gerieflike en ontspannende ruimte vir ons onderwysers en personeel te skep. Hierdie verbetering ondersteun die welstand van ons personeel en dra by tot ‘n positiewe werksomgewing.
Lugversorgers Ons het ook lugversorgers in ons saal geïnstalleer om te verseker dat hierdie ruimte te alle tye gemaklik is, veral tydens warm somersdae. Dit verbeter die ervaring van alle gebruikers, insluitend leerders, personeel en besoekers.
Saalgordyne Nuwe saalgordyne is geïnstalleer om die saal ‘n vars en moderne voorkoms te gee. Hierdie gordyne help ook om die akoestiek van die saal te verbeter en dra by tot ‘n professionele atmosfeer tydens geleenthede en optredes.
Nuwe deure Ons het nuwe houtdeure in verskeie klaskamers en fasiliteite geïnstalleer. Hierdie deure is nie net esteties aantreklik nie, maar bied ook verbeterde sekuriteit en isolasie.
Ons by Laerskool Eligwa is trots op hierdie opgraderings wat ons skool se infrastruktuur en fasiliteite verbeter. Hierdie verbeterings help ons om ‘n omgewing te skep waar leerders en personeel floreer en suksesvol kan wees. Ons is dankbaar vir die voortdurende ondersteuning van ons skoolgemeenskap, wat hierdie verbeterings moontlik gemaak het.
Ons VISIE is om die skool uit te bou tot ‘n ideale opvoedings- en onderrigmilieu waar leerders gelukkig en geborge, geletterd en gesyferd kan raak.
Laerskool Eligwa het Christelike waardes. Daar is dus ruim geleentheid vir godsdiensbeoefening. Dit word ook raakgesien in die skool se kultuur van respek, eerlikheid, integriteit en billikheid. Laerskool Eligwa glo aan ‘n holistiese benadering waar leerders gebalanseerd ontwikkel word tot volwasse Suid Afrikaanse burgers.
Die feit dat die kleure perfek harmonieer en tot ‘n pragtige eindproduk saamsmelt, simboliseer dat…
* diversiteit tog uiteindelik in ‘n pragtige eenheid verweef kan word.
* ons ons daartoe verbind het om alle kulture te akkommodeer.
Die groot skild simboliseer dat ons, danksy ons geloof in ons God, geharnas teen die bose aanslae van die lewe is.
Die klein skild simboliseer dat kennis mag is en dat geletterdheid en gesyferdheid jou paraat maak en die skild is wat die gevaar van oorheersing deur een of ‘n groep persone sal afweer.
Die visarend simboliseer dat…
* ons voortdurend daarna sal strewe om steeds hoër te reik, totdat die boonste sport bereik is.
* soos hy sy prooi vanuit die lug gewaar, ons ook altyd bewus moet wees van wat op grondvlak gebeur, en alle verwikkelinge met arendsoë moet dophou. Dit moet egter sonder enige hooghartigheid geskied met die uitsluitlike doel om te wéét wat aangaan, sodat ons die régte keuses in die lewe kan maak.
Die opwaartse tendens wat die lint toon, is om ons almal se strewes na groot hoogtes te ondersteun. Die deining van die lint simboliseer die golwing van die water – die noodsaaklikste voedingsbron van alle vorms van lewe. Ewe-eens is Eligwa-skool ‘n noodsaaklike bron van kennis wat die grondslag lê en dit ten doel het om sy leerders vir die toekoms te skool en te sterk.
By die magtig’ Vaalrivier se stroom
Waar wilgers loom in hul sonnedroom,
Het ons skool hier wortel geskied;
Eligwa-skool wat alles ons bied!
Hier voel ons geborge,
Gekoester en vry van sorge.
Ons word tot nuwe kennis gelei,
En so vir die toekoms voorberei.
Dis ook ‘n leerskool vir die lewe:
Om na die boonste sport te strewe!
Ons dien ons God, ons Volk, ons Vaderland,
laat ons leuse weerklink van kant tot kant:
Streef steeds hoër,
Streef steeds hoër,
Streef steeds hoër,
E-lig-wa-skool!