Ons Skool Skitter by die Kunstefees.
Elke jaar sien ons uit na die Kunstefees, waar ons leerders die geleentheid kry om hul talente op die verhoog te vertoon en hul kreatiwiteit te laat skyn. Ons trots ken geen perke wanneer ons sien hoe selfvertroue opgebou word en leerders met ‘n glimlag uitstap na elke afdeling waaraan hulle deelneem.
Ons is verheug om te sê dat ons jaar na jaar uitstekende terugvoer van die beoordelaars ontvang. Dit is ‘n bewys van die harde werk en toewyding van elke leerder en ons toegewyde afrigters. Ons deelname sluit uiteenlopende kategorieë in soos Poësie, Poetry, Kuns, Kreatiewe Skryfwerk, Spreekkore, Instrumentaal, Onvoorbereide Lees en Monoloë. Hierdie verskeidenheid stel leerders in staat om hulle talente in verskillende kunsvorme te ontwikkel en ten toon te stel.
Wat ons besonder trots maak, is dat die aantal inskrywings elke jaar groei. Dit wys hoe leerders elke jaar toenemend die waarde van deelname aan hierdie fees raaksien. By ons skool verseker ons dat elke kind die nodige afrigting en ondersteuning ontvang om hul beste te lewer en te presteer in hul gekose afdelings.
Die Kunstefees is vir ons nie net ‘n kompetisie nie, maar ‘n viering van kreatiwiteit en selfuitdrukking. Ons skool bly ‘n bewys daarvan dat wanneer harde werk en passie saamwerk, die resultate eenvoudig briljant is.