Kultuur

KULTUUR

Ons skool se personeelkonsert en revue is ‘n hoogtepunt by ons skool.

Die revue is altyd goed beplan en gevul met energie, wat bewys dat ons leerders nie net in die klaskamer blink nie, maar ook op die verhoog!

Die personeelkonsert bied die personeel die kans om hulle kreatiwiteit en talent buite die klaskamer ten toon te stel, terwyl hulle die gemeenskap vermaak. Met humoristiese tonele, dans, musiek en soms selfs verrassende optredes, skep die konserte ‘n prettige en samehorige atmosfeer tussen personeel, ouers, en leerders.

Die Mnr. en Mej. Eligwa-kompetisie is ‘n gesogte geleentheid wat leerders die kans gee om hulle persoonlikhede en selfvertroue ten toon te stel. Deelnemers neem deel aan verskeie rondtes en word beoordeel op hulle houding en voorkoms. Hierdie geleentheid is ‘n wonderlike manier om selfvertroue te bou en leierskapsvaardighede te ontwikkel, terwyl dit ook groot pret en vermaak vir die hele skoolgemeenskap bied.

JUNIORS

Mnr. Persoonlikheid – Paul Botha, 2de Prins – Adriaan Sonnekus, Mnr. Eligwa – Liam Coetzer, 1ste Prins – Markus Erasmus, Mnr. Fotogenies – Hanro Kruger en Beste tema uitrusting – Matt de Lange

Mej. Persoonlikheid – Elandri Smal, 1ste Prinses – Leshaandré Smit, Mej. Eligwa – Carla Welgemoed, 2de Prinses – Marica Naude, Beste tema uitrusting – Wiané Coetzee, en Mej. Fotogenies – Alicia Ferreira

SENIORS

Mnr. Persoonlikheid – Ian Venter, Mnr. Fotogenies – Ruan Gleave, 2de Prins – Nathan Pienaar, Mnr Eligwa – Hanru Groenewald, 1ste Prins – Keegan Hugo en Beste tema uitrusting – Liaan Snyman

Beste tema uitrusting – Amy Saunders, 2de Prinses – Chanté Kleynhans, Mej. Eligwa – Christine Otto, 1ste Prinses – Zanell Swart, Mej. Persoonlikheid – Ziané van Rensburg en Mej. Fotogenies – Janeska Vorster

Ons Skool Skitter by die Kunstefees.

Elke jaar sien ons uit na die Kunstefees, waar ons leerders die geleentheid kry om hul talente op die verhoog te vertoon en hul kreatiwiteit te laat skyn. Ons trots ken geen perke wanneer ons sien hoe selfvertroue opgebou word en leerders met ‘n glimlag uitstap na elke afdeling waaraan hulle deelneem.

Ons is verheug om te sê dat ons jaar na jaar uitstekende terugvoer van die beoordelaars ontvang. Dit is ‘n bewys van die harde werk en toewyding van elke leerder en ons toegewyde afrigters. Ons deelname sluit uiteenlopende kategorieë in soos Poësie, Poetry, Kuns, Kreatiewe Skryfwerk, Spreekkore, Instrumentaal, Onvoorbereide Lees en Monoloë. Hierdie verskeidenheid stel leerders in staat om hulle talente in verskillende kunsvorme te ontwikkel en ten toon te stel.

Wat ons besonder trots maak, is dat die aantal inskrywings elke jaar groei. Dit wys hoe leerders elke jaar toenemend die waarde van deelname aan hierdie fees raaksien. By ons skool verseker ons dat elke kind die nodige afrigting en ondersteuning ontvang om hul beste te lewer en te presteer in hul gekose afdelings.

Die Kunstefees is vir ons nie net ‘n kompetisie nie, maar ‘n viering van kreatiwiteit en selfuitdrukking. Ons skool bly ‘n bewys daarvan dat wanneer harde werk en passie saamwerk, die resultate eenvoudig briljant is.

Ons redenaarsprogram bied leerders die geleentheid om hulle openbare spreekvaardighede te ontwikkel en selfvertroue op die verhoog te bou. Deur deelname aan redenaarskompetisies leer leerders om hulle gedagtes duidelik en effektief oor te dra, terwyl hulle ook kritiese denke en navorsingsvaardighede verbeter. Ons redenaars neem deel aan verskeie kompetisies en presteer gereeld uitstekend, wat hulle trots en selfvertroue gee in hulle vermoëns om te kommunikeer.

Ons “cheerleaders” is ‘n lewendige en energieke groep waar leerders dans en akrobatiese bewegings kombineer met die gebruik van pom poms. Dit bevorder fisiese fiksheid, koördinasie, selfvertroue en spanwerk. Ons “cheerleaders” neem deel aan kompetisies en tree op by skoolgeleenthede om ons skoolgees te versterk.