ETOS EN KERNWAARDES
Laerskool Eligwa het Christelike waardes. Daar is dus ruim geleentheid vir godsdiensbeoefening. Dit word ook raakgesien in die skool se kultuur van respek, eerlikheid, integriteit en billikheid. Laerskool Eligwa glo aan ‘n holistiese benadering waar leerders gebalanseerd ontwikkel word tot volwasse Suid Afrikaanse burgers.
- Ontwikkeling van ‘n goed opgeleide en dinamiese personeelkorps.
- Aktiewe ouerbetrokkenheid as primêre opvoeder met integriteit.
- Handhawing van goeie en gesonde dissipline.
- Waardes en normes wat godsdienstig gefundeer is.
- Die gesonde vestiging van positiewe verhoudings met alle belangegroepe o.a. leerders, personeel, borge, gemeenskap, ouers en onderwysdepartement.
- Die effektiewe en gesonde funksionering van die beheerliggaam en skoolbestuur.
- Die optimale benutting van menslike en fisiese hulpbronne.
- Die vestiging, koester en voortbou van tradisionele kernwaardes.
- Die skep en handhawing van wedersydse respek.