Ons wil graag deur middel van hierdie kommunikasie-medium met u kommunikeer. Hierdie diens word gratis deur die skool aan u verskaf.
Indien u nommer verander, bly dit u verantwoordelikheid om dit onder die skool se aandag te bring. U sal slegs ‘n sms ontvang dat die nuwe nuusbrief beskikbaar is, en is dit u verantwoordelikheid om dit te skandeer en uself te vergewis van die inhoud van die nuusbrief.
Laerskool Eligwa se gebruik van die QR-kode tegnologie, vind sy oorsprong waar die skoolkoerant aan die ontwikkel was. Ons gebruik tans die tegnologie hoofsaaklik om die skool se nuusbriewe met aandeelhouers van die skool te deel. Die gebruike van die tegnologie stop egter nie daar nie. Die skoolkoerant se eie Arend-kompetisie, het al vir ‘n geruime tyd die QR kodes gebruik om inligting oor die kompetisie te deel, en selfs om interaksie aan te moedig deur middel van Google Forms. Hierdie spesifieke kode is al vroeg in 2022 geskep, met die doel om die Arendkompetisie se kommunikasie te vergemaklik. Vandag het die kode ontwikkel tot die platform waar die Arend sy jongste nuus met Eligwa lesers kan deel!
Indien u die skool wil besoek om sake rakende u kind te bespreek, is u meer as welkom om dit asseblief per afspraak te doen sodat koördinering kan plaasvind en daar nie onnodige tyd verlore sal gaan nie. Wanneer u die skool besoek , versoek ons u vriendelik om eers by die kantoor aan te meld.
Grondslagfase:
Afspraak met onderwyser en/of Me.L. Herholdt.
Intermediêre en seniorfase:
Afspraak met onderwyser en/of Mnr. H. Botha.
Adjunkhoof:
Afspraak met Mev. C. Wilken.
Afspraak met betrokke afrigter en/of Mnre. H. Botha en B. Boshoff.
Afspraak met betrokke afrigter en/of Mnr. B.Boshoff en Me. D. Oosthuizen.
Afspraak met betrokke onderwyser en/of Mnre. H. Botha en B. Boshoff.
Afspraak met Mev. E. van Wyk.
Laai asseblief u kinders betyds by die skool af. Die toegangshekke sluit om 07:25. Dit is baie steurend vir die personeel indien leerlinge laat by die klasse arriveer en daar reeds met die lesse begin is.
Maandae tot Vrydae
07:00 tot 14:45
Hek 1 en hek 3 is slegs vir personeel. GEEN ander voertuie word voor of na skoolure op die terrein toegelaat nie. Moet asseblief nie voor die hek staan en toeter blaas nie. Die personeel is versoek om nie die hek vanaf hulle klasse oop te maak nie. Geen voertuig mag voor die skuifhekke parkeer en/of stilhou vir watter tydperk ook al nie.
Alle toegangshekke sal oop wees.
ALLE TOEGANGSHEKKE SAL OM 14:00 SLUIT BEHALWE HEK 5 WAT OOP SAL WEES TOT 17:30.
Let wel: U kind se veiligheid is vir ons belangrik en daarom vra ons u om bogenoemde reëlings te respekteer.
07:30 – 12:30 – Gebruik hul eie hekkie by Kiewietsnes.
07:25 – 13:00 – Gebruik hek 4 in die oggend en in die middag.
07:25 – 13:15 – Gebruik hek 4 in die oggend en in die middag.
07:25 – 13:45 – Gebruik hek 1 en hek 4 om die terrein binne te kom en hek 4 om die terrein te verlaat.
07:25 – 13:45 – Gebruik hek 1 en hek 4 om die terrein binne te kom en hek 5 om die terrein te verlaat.
Ons versoek u vriendelik om uself daarvan te vergewis èn tyd af te staan om dit ook met u kind te bespreek.
1.Leerlinge mag nie van kantoorhekkie gebruik maak in die oggende en in die middae nie.
2.Daar mag nie gedurende klaswisseling gesels of op die stoepe gehardloop word nie.
3.Geen leerder mag sonder toesig in klaskamers, saal of op die pawiljoen, voor en na skool of gedurende pouse wees nie.
4.Maak gebruik van paadjies en trappe.
5.Geen junior leerder mag na 13:00 sonder toesig op die skoolterrein of by die hekke en klimapparaat wees nie.
6.Fietse moet die terrein binne gestoot word.
7.Niemand mag op enige plek op die terrein met fietse ry nie.
8.Leerders mag nie onder motor-afdakke van onderwysers wag of by die motors speel nie.
9.Geen leerder mag die skoolterrein gedurende skoolure sonder toestemming van die hoof of adjunkhoof verlaat nie. Toestemming moet skriftelik aangevra word.
10.Niemand mag op die stoepe eet of drink nie.
11.Geen leerder mag na-ure sonder toesig op die terrein wees nie. Ook nie gedurende naweke of vakansies nie.
12.Na afwesigheid moet leerder ‘n verskoningsbrief bring.
13.Geen leerder mag iets by die skool verkoop nie (uitgesonder entrepreneursdae)
14.Geen kougom mag skool toe gebring word nie.
15.Ouers moet kinders buite die skoolterrein oplaai en aflaai.
16.Troeteldiere en duursame speelgoed moet tuis gelaat word.
17.Geen leerder mag skoolapparaat sonder toesig hanteer nie.
18.U as ouers dra die verantwoordelikheid as u kind skooleiendom beskadig.
19.Boeke moet in ‘n skooltas wees en nie in ‘n sportsak nie.Geen “graffiti” op tasse nie.
20.Geen leerder mag iets negatief doen wat die naam of die trots van die skool in gedrang bring nie.
21.Geen eksentrieke haarstyle by sowel seuns as dogters word toegelaat nie.
Seuns:- geen “steps” in hare nie, hare mag ook nie oor die oë of hempskraag hang nie. Dogters:- lang hare moet vasgemaak wees. Linte, rekkies ens. moet in skoolkleure wees.
Seuns/dogters:- geen haarmiddels soos bv. “gel”, haarsproei, kleursjampoe, ens. word toegelaat nie. Baie lang “kuif” moet met ‘n haarknippie vasgesteek word sodat dit nie in die dogter se oë hang nie.
22.Juwele:-
Seuns:- geen juwele
Dogters:- slegs seëlring en een paar ”studs” of oorringetjies is toelaatbaar
23.Selfone mag skool toe gebring word maar moet deurgaans in die tas gehou word. Dus mag geen selfoon gedurende skoolure op die terrein gebruik word nie. Selfone sal gekonfiskeer word indien dit gedurende skoolure gebruik word. “Smart watch” selfde as selfoon.
Ons wil graag ‘n vriendelike beroep op u doen om asseblief u kinders netjies in skooldrag geklee skool toe te stuur. Dit bevorder goeie dissipline by die skool en skep ook ‘n eenheidsgevoel onder die leerders.
Ons verskaffers van skooldrag is Ekspaar en MG’s Schoolwear in Vanderbijlpark en White Cross in Vereeniging.
1. Navy broekromp, wit hemp, das, kleurbaadjie met navy kouse en swart skoolskoene.
2. Navy broekromp, wit hemp, met navy kouse en swart skoolskoene.
3. Navy broekromp, wit hemp, oortrektrui met navy kouse en swart skoolskoen.
Navy trui of drimac vir koeler dae.
1. Grys kortbroek, wit hemp, das, kleurbaadjie met lang grys kouse en swart skoolskoene.
2. Grys kortbroek, wit hemp met lang grys kouse en swart skoolskoene.
3. Grys kortbroek, wit hemp, das, oortrektrui met lang grys kouse en swart skoolskoene.
Navy trui of drimac vir koeler dae.
1. Sweetpak, wit hemp met das, navy, grys of “branded” kouse met wit, swart of navy tekkies.
2. Grys langbroek, wit hemp, das, drimac, grys kouse en swart skoolskoene.
3. Grys langbroek, wit hemp, das, sweetpak baadjie, grys kouse en swart skoolskoene.
4. Broekromp, navy sykouse, wit hemp, das, trui / oortrektrui, kleurbaadjie met swart skoolskoene.
5. Broekromp, navy sykouse, wit hemp, das, trui met swart skoolskoene.
Daar is ‘n dogterssnit grys langbroek beskikbaar.
1. Grys langbroek, wit hemp, das, sweetpak baadjie, grys kouse en swart skoolskoene.
2. Grys langbroek, wit hemp, das, drimac, grys kouse en swart skoolskoene.
3. Grys langbroek, wit hemp, das, trui / oortrektrui, kleurbaadjie met grys kouse en swart skoolskoene.
4. Grys langbroek, wit hemp, das, trui / oortrektrui met grys kouse en swart skoolskoene.
5. Sweetpak, wit hemp met das, navy, grys of “branded” kouse met wit, swart of navy tekkies.
Leerlinge mag hul Vrydagdrag op Vrydae dra met “branded” kouse. Leerlinge wat Provinsiale kleure verwerf het in ‘n bepaalde sportkode, mag ook die T-hemp saam met die nuwe kortbroek dra.
Let wel: Indien u kind nie oor Vrydagdrag beskik nie moet hul skooldrag dra.
GEEN GEKLEURDE KOUSE OF SKOENE!
Atletiekhemp met navy “ski-pants”.
By Laerskool Eligwa glo ons dat spangees en trots in ons skool se kleure ’n belangrike deel van sportdeelname is. Ons spandrag dien nie net as ’n simbool van ons skool nie, maar ook as ’n bron van eenheid en motivering vir elke speler en ondersteuner. Met elke wedstryd wat ons speel, dra ons ons spandrag met trots – die kleure en simbole wat ons as ‘n span en skool verteenwoordig.
Ons streef daarna om ons skool se waardes van respek, dissipline en deursettingsvermoë te weerspieël deur hoe ons op en van die veld optree. Die spandrag herinner elkeen van ons daaraan dat ons nie net individueel speel nie, maar vir die span en ons skool se naam. Deur in eenvormige drag aan te tree, voel ons verbind aan mekaar en aan die tradisie van ons skool.
Ons sportspandrag is meer as net klere – dit is deel van wie ons is as ‘n span en dit herinner ons aan die trots wat kom met die dra van ons skool se naam.
Ons eie “branded” kouse om saam met sportdrag, Vrydagdrag en sweetpakke te dra.
Bestellings kan geplaas word by M. Kuhn tydens registerperiodes (07:30-07:45).
Kontant met bestelling.
VERVAARDIGING VAT 7-12 WERKSDAE
Pryslys:
XS tot L – R270
XL – R280
2XL – R290
3Xl – R300
4XL – R310
Om te verseker dat leer so effektief as moontlik kan plaasvind benodig u kind die volgende: