Akademie

AKADEMIE

Ons skool is trots daarop om aktief deel te neem aan verskeie distriksolimpiades en -kompetisies. Hierdie geleenthede bied aan ons leerders ‘n platform om hulle vaardighede in akademie te toon. Deur aan hierdie kompetisies deel te neem, bevorder ons nie net akademiese prestasie nie, maar kweek ons ook selfvertroue en deursettingsvermoë by ons leerders.

Elke jaar registreer ons leerders vir verskeie vakgebiede soos wiskunde, wetenskap en tale, wat hulle die kans gee om op provinsiale en selfs nasionale vlak te kompeteer. Ons is trots op die deursettingsvermoë en entoesiasme wat ons leerders jaar na jaar wys.

By Laerskool Eligwa speel ouermiddae ‘n belangrike rol in die samewerking tussen ouers, leerders en onderwysers. Hierdie geleenthede bied ‘n platform vir ouers om meer insig te kry in hul kinders se akademiese vordering, gedrag en algemene welstand by die skool.

Ons ouermiddae is die tweede week van die nuwe kwartaal.  Slegs leerders van Gr.1– 7 wat briewe ontvang se ouers word uitgenooi na die ouermiddag.

Doel

  • Akademiese Terugvoer: Ouers kry die geleentheid om met onderwysers te gesels oor hul kind se prestasies, areas waar hulle ondersteuning benodig en hoe hulle tuis kan bydra tot verbeterde leer.
  • Samewerking en Kommunikasie: Ouermiddae bevorder ‘n gesonde verhouding tussen die skool en ouers, waar beide partye saamwerk om die leerder se volle potensiaal te ontsluit.
  • Gedragskwessies en Ondersteuning: Waar nodig, word gedragspatrone ook bespreek en onderwysers gee leiding oor hoe om positiewe veranderinge aan te bring.

Die skool besef die belangrikheid van goeie kommunikasie met ouers en streef daarna om ‘n vennootskap te bou wat elke leerder se akademiese en persoonlike groei bevorder.

By Laerskool Eligwa is akademiese uitnemendheid ‘n kernfokus. Die skool bied ‘n gebalanseerde akademiese program wat daarop gemik is om leerders nie net akademies voor te berei nie, maar ook om lewensvaardighede te ontwikkel wat hulle in staat stel om suksesvol te wees in die toekoms.

Laerskool Eligwa bied die volgende kernvakke aan vir Grade RR:

  • Afrikaans:Ontwikkeling van woordeskat en blootstelling aan klanke.
  • Wiskunde: Aanleer van getalwaarde, herkenning van vorms en getalle en wiskundige konsepte.
  • Lewensvaardigheid: Ontwikkeling van fynmotoriese vaardighede, sosiale vaardighede en emosionele vaardighede. Leer van nuwe woordeskat en konsepte d.m.v tema behandeling.

Leerders word voorsien van werkkaarte wat uitgewerk is volgens die program wat ons volg. Onderwysers maak gebruik van materiaal wat voorsien is om die lesse suksesvol en op ‘n verstaanbare manier vir leerders aan te bied. Hulle maak ook gebruik van visuele hulpmiddels en tegnologie.

Assessering vind deurgaans plaas om seker te maak leerders presteer volgens vereistes.

Informele assessering: Daaglikse deelname aan aktiwiteite help om leerders se begrip oor lesse te evalueer.

Formele assessering: Assessering word volgens die program wat ons volg gedoen, informele assessering word hoofsaaklik gebruik om die vorderingsverslag te voltooi.

Leerders moet kan deelneem aan aktiwiteite en aangeleerde begrippe en konsepte kan herken.

Vorderingsverslae word die laaste dag van die kwartaal ontvang.

By Laerskool Eligwa is akademiese uitnemendheid ‘n kernfokus. Die skool bied ‘n gebalanseerde akademiese program wat daarop gemik is om leerders nie net akademies voor te berei nie, maar ook om lewensvaardighede te ontwikkel wat hulle in staat stel om suksesvol te wees in die toekoms.

Laerskool Eligwa bied die volgende kernvakke aan vir Grade R:

  • Afrikaans Huistaal: Die ontwikkeling van taalvaardighede. Ons volg die KABV asook die nuwe taalprogram wat die Departement van Onderwys ingestel het. Die gebruik van taal word geïntegreer in alle vakke.
  • Wiskunde: Die aanleer van basiese wiskundige konsepte soos probleemoplossings, minder en meer, groter en kleiner, sortering van data ens. Ons volg ook die nuwe Wiskundeprogram wat die Departement van Onderwys ingestel het.
  • Lewensvaardigheid: Ons fokus op fisiese, sosiale en persoonlike ontwikkeling.
  • Robotics: Leerders leer van “Coding” en “Robotics” waar hulle met ‘n program werk en blokkies bou om voorwerpe te maak wat dan kan beweeg en geluide maak soos ‘n brandweerwa. Die “Coding” en “Robotics” word geïntegreer met alle vakke.

Leerders word voorsien van werkkaarte wat uitgewerk is volgens die KABV en die program wat ons volg. Onderwysers maak gebruik van materiaal wat voorsien is om die lesse suksesvol en op ‘n verstaanbare manier vir leerders aan te bied. Hulle maak ook gebruik van visuele hulpmiddels en tegnologie.

Assessering vind deurgaans plaas om seker te maak leerders presteer volgens vereistes.

Informele assessering: Daaglikse deelname aan aktiwiteite help om leerders se begrip oor lesse te evalueer.

Formele assessering: Ons volg die KABV se assesseringsbeleid waar leerders die begrip sowel as die toepassing van konsepte moet kan toepas.

Rekordering vind op die 7-punt skaal plaas.

Leerders moet ‘n sekere vlak in dié kernvakke behaal.

       Afrikaans Huistaal – 4

       Wiskunde – 3

Vorderingsverslae word die laaste dag van die kwartaal ontvang.

By Laerskool Eligwa is akademiese uitnemendheid ‘n kernfokus. Die skool bied ‘n gebalanseerde akademiese program wat daarop gemik is om leerders nie net akademies voor te berei nie, maar ook om lewensvaardighede te ontwikkel wat hulle in staat stel om suksesvol te wees in die toekoms.

Laerskool Eligwa bied die volgende kernvakke aan vir Grade 1 tot 3:

  • Afrikaans Huistaal: Die ontwikkeling van taalvaardighede, insluitend lees, skryf, luister en praat, met ‘n fokus op die bou van ‘n sterk taalfondament.
  • Engels Eerste Addisionele Taal: Fokus op die ontwikkeling van kommunikatiewe vaardighede en begrip in Engels, wat leerders help om ‘n tweede taal te bemeester.
  • Wiskunde: Die aanleer van basiese wiskundige konsepte soos getalbegrip, optel, aftrek, en die begin van probleemoplossingsvaardighede.
  • Lewensvaardighede: Hierdie vak fokus op fisiese-, persoonlike- en sosiale ontwikkeling, wat leerders se emosionele en fisiese gesondheid ondersteun.

Elke leerder het toegang tot goedgekeurde handboeke en leermateriaal wat gebruik word om die CAPS-kurrikulum te ondersteun. Onderwysers maak ook gebruik van tegnologie en visuele hulpmiddels om lesse lewendig te maak.

Assessering vind deurgaans plaas om seker te maak dat leerders op standaard presteer.

Informele Assessering: Aktiwiteite in die klaskamer en daaglikse deelname help om leerders se begrip en betrokkenheid te evalueer.

Formele Assessering: Toetse, projekte en mondelinge aanbiedings word gebruik om leerders se vordering te monitor. Die assesserings word opgestel volgens die CAPS-kurrikulumriglyne, met ‘n klem op beide die begrip van konsepte en die toepassing daarvan in praktiese situasies.

Rekordering vind op die 7-punt skaal plaas.

Die leerder moet die volgende minimum vlakke behaal:

Vlak 4 in HT en Vlak 3 in EAT en Vlak 3 in Wiskunde

Vlak 1 0-29.99 Ontoereikende Prestasie; 2 = 30 – 39.99 Basiese Prestasie; 3 = 40 – 49.99 Matige Prestasie; 4 = 50 – 59.99 Voldoende Prestasie; 5 60-69.99 Beduidende Prestasie; 6 = 70 – 79.99 Verdienstelike Prestasie; 7 = 80 – 100 Uitmuntende Prestasie;

Vorderingsverslae word die laaste dag van die kwartaal ontvang.

By Laerskool Eligwa is akademiese uitnemendheid ‘n kernfokus. Die skool bied ‘n gebalanseerde akademiese program wat daarop gemik is om leerders nie net akademies voor te berei nie, maar ook om lewensvaardighede te ontwikkel wat hulle in staat stel om suksesvol te wees in die toekoms.

Laerskool Eligwa bied die volgende kernvakke aan vir Grade 4 tot 6:

  • Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal: Ontwikkeling van taalvaardighede, insluitend lees, skryf, luister en praat. Fokus op kommunikatiewe vaardighede en begrip in Engels.
  • Wiskunde: Die aanleer van wiskundige konsepte en probleemoplossingsvaardighede.
  • Natuurwetenskappe en Tegnologie: Basiese wetenskaplike beginsels en tegnologie word aangeleer om leerders se belangstelling in die wêreld om hulle te kweek.
  • Sosiale Wetenskappe: Leerders leer oor die geskiedenis en geografie van Suid-Afrika en die wêreld.
  • Lewensvaardighede: Hierdie vak fokus op fisiese, persoonlike en sosiale ontwikkeling, wat leerders se emosionele en fisiese gesondheid ondersteun.  Lewensvaardighede word in onderafdelings verdeel:
    Visuele Kuns, Musiek, Drama, Persoonlike en Sosiale Welstand en Liggaamlike Opvoeding.

Elke leerder het toegang tot goedgekeurde handboeke en leermateriaal wat gebruik word om die CAPS-kurrikulum te ondersteun. Onderwysers maak ook gebruik van tegnologie en visuele hulpmiddels om lesse lewendig te maak.

Assessering vind deurgaans plaas om seker te maak dat leerders op standaard presteer.

Informele assessering vind daagliks in die klaskamer plaas en speel ‘n noodsaaklike rol in die leerproses. Hierdie tipe assessering is minder gestruktureerd en gebeur spontaan tydens die normale lesse.

Formele assesserings sluit in toetse, eksamens, projekte en mondelinge aanbiedings. Die assesserings word opgestel volgens die CAPS-kurrikulumriglyne, met ‘n klem op beide die begrip van konsepte en die toepassing daarvan in praktiese situasies.

Die leerder moet die volgende minimum vlakke behaal: Vlak 4 in HT; Vlak 3 in EAT; Vlak 3 in Wiskunde en Vlak 3 in enige ander twee (2) oorblywende goedgekeurde vakke

Vlak 1 0-29.99 Ontoereikende Prestasie; 2 = 30 – 39.99 Basiese Prestasie; 3 = 40 – 49.99 Matige Prestasie; 4 = 50 – 59.99 Voldoende Prestasie; 5 60-69.99 Beduidende Prestasie; 6 = 70 – 79.99 Verdienstelike Prestasie; 7 = 80 – 100 Uitmuntende Prestasie;

Vorderingsverslae word die laaste dag van die kwartaal ontvang.

By Laerskool Eligwa is akademiese uitnemendheid ‘n kernfokus. Die skool bied ‘n gebalanseerde akademiese program wat daarop gemik is om leerders nie net akademies voor te berei nie, maar ook om lewensvaardighede te ontwikkel wat hulle in staat stel om suksesvol te wees in die toekoms.

Laerskool Eligwa bied die volgende kernvakke aan vir Graad 7:

  • Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal: Die ontwikkeling van lees-, skryf-, luister- en praatvaardighede, met ‘n fokus op taalbegrip en literêre analise.
  • Wiskunde: Gevorderde konsepte soos algebra, breuke, persentasies en meetkunde word aangeleer.
  • Sosiale Wetenskappe: Hierdie vak dek beide geskiedenis en geografie, wat leerders ‘n breër perspektief op Suid-Afrika en die wêreld gee.
  • Natuurwetenskappe: Leerders verken wetenskaplike beginsels deur eksperimente en praktykgebaseerde leer.
  • Tegnologie: Probleemoplossing deur tegnologiese prosesse en die toepassing van wetenskap in die regte wêreld.
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe: Leerders word bekendgestel aan basiese ekonomiese beginsels, entrepreneurskap en bestuursvaardighede.
  • Skeppende Kuns: Hierdie vak sluit kuns, drama en musiek in, wat leerders kreatief stimuleer en uitdrukking bevorder.
  • Lewensoriëntering: Fokus op fisiese gesondheid, emosionele welstand, en sosiale vaardighede om leerders voor te berei vir die uitdagings van die toekoms.

Elke leerder het toegang tot goedgekeurde handboeke en leermateriaal wat gebruik word om die CAPS-kurrikulum te ondersteun. Onderwysers maak ook gebruik van tegnologie en visuele hulpmiddels om lesse lewendig te maak.

Assessering vind deurgaans plaas om seker te maak dat leerders op standaard presteer.

Informele assessering vind daagliks in die klaskamer plaas en speel ‘n noodsaaklike rol in die leerproses. Hierdie tipe assessering is minder gestruktureerd en gebeur spontaan tydens die normale lesse.

Formele assesserings sluit in toetse, eksamens, projekte en mondelinge aanbiedings. Die assesserings word opgestel volgens die CAPS-kurrikulumriglyne, met ‘n klem op beide die begrip van konsepte en die toepassing daarvan in praktiese situasies.

Die leerder moet die volgende minimum vlakke behaal:

Vlak 4 in HT; Vlak 3 in EAT; Vlak 3 in Wiskunde en Vlak 3 in enige ander drie (3) vakke; Vlak 2 in enige ander twee (2) vakke

Vlak 1 0-29.99 Ontoereikende Prestasie; 2 = 30 – 39.99 Basiese Prestasie; 3 = 40-49.99 Matige Prestasie; 4 = 50-59.99 Voldoende Prestasie; 5 60-69.99 Beduidende Prestasie; 6 = 70-79.99 Verdienstelike Prestasie; 7 = 80-100 Uitmuntende Prestasie;

Vorderingsverslae word die laaste dag van die kwartaal ontvang.