Ons wil graag deur middel van hierdie kommunikasie-medium met u kommunikeer. Hierdie diens word gratis deur die skool aan u verskaf.
Indien u nommer verander, bly dit u verantwoordelikheid om dit onder die skool se aandag te bring. U sal slegs ‘n sms ontvang dat die nuwe nuusbrief beskikbaar is, en is dit u verantwoordelikheid om dit te skandeer en uself te vergewis van die inhoud van die nuusbrief.
Laerskool Eligwa se gebruik van die QR-kode tegnologie, vind sy oorsprong waar die skoolkoerant aan die ontwikkel was. Ons gebruik tans die tegnologie hoofsaaklik om die skool se nuusbriewe met aandeelhouers van die skool te deel. Die gebruike van die tegnologie stop egter nie daar nie. Die skoolkoerant se eie Arend-kompetisie, het al vir ‘n geruime tyd die QR kodes gebruik om inligting oor die kompetisie te deel, en selfs om interaksie aan te moedig deur middel van Google Forms. Hierdie spesifieke kode is al vroeg in 2022 geskep, met die doel om die Arendkompetisie se kommunikasie te vergemaklik. Vandag het die kode ontwikkel tot die platform waar die Arend sy jongste nuus met Eligwa lesers kan deel!