OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

Ons is bevoorreg om ‘n Opvoedkundige Sielkundige op die perseel te hê.

Heleneze van Zyl is in diens van die skool en is Maandae en Woensdae beskikbaar by Eligwa. Hierdie is ‘n gratis diens wat deur die skool gelewer word.

Kinders sal deur die onderwysers aangemeld word, waarna Heleneze met ouers kontak sal maak.

Dit is vir ons skool belangrik dat ons kinders gelukkige kinders moet wees by die huis sowel as by die skool. Hulle moet vry wees van sorge en bekommernisse sodat hulle al hul energie, fisies sowel as emosioneel, kan aanwend om optimaal te presteer op akademiese sowel as nie-akademiese gebied.

Om ons kinders in hierdie opsig by te staan en te ondersteun, is die dienste van die Opvoedkundige Sielkundige by die skool beskikbaar.

Sy het as ‘n Opvoedkundige Sielkundige gekwalifiseer nadat sy haar Meestersgraad suksesvol voltooi het en is by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) as ‘n Opvoedkundige Sielkundige geregistreer. Haar privaat praktyk is in Vanderbijlpark geleë en bedien die groter Vaaldriehoek area en werk met individue wat ‘n verskeidenheid probleme het.

B.Ed (Honours) Educational Psychology

N.W.U

M.Ed (Educational Psychology)

U.J