Ons cheerleaders het Saterdag, 22 Oktober deelgeneem aan 90.6 se cheerleading kompetitisie. Hulle het baie lank geoefen en baie uitgesien na die groot geleentheid. Ons dogters het baie goed gedoen en het 'n 3de plek verower
Cheerleaders
Laerskool Eligwa se cheerleaders tree vol GEES by die Lentemark op.
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/09/306227908_3349721641981433_1135565641373103457_n.jpg)
Baie geluk!
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/09/MENTAL.png)
Spreekkoor
Laerskool Eligwa spog met hulle eerste Spreekkoor by die Vaaldriehoek kunstefees. Na baie harde werk dra hulle met trots ‘n A++.
Sekretaressedag
Vandag was dit weer tyd om stil te staan en DANKIE te sê... Dankie aan vyf merkwaardige, voorslag dames in die kantoor. Hulle is die gom wat alles bymekaar hou by Eligwa. Sonder hulle sal ons hoof, personeel, leerders, werkers, ouers, distrikpersoneel, vriende en kennisse verlore wees. GELUKKIGE SEKRETARESSEDAG!
Skilderkuns
Graad RR-7 leerders se kunswerke was vandag beoordeel. Dit het baie goed gegaan en ons spog met die volgende: B:12 B+:29 A:28 A+:21 A++:11
Geografie graad 4
" Ons het egter twee ore en een mond sodat ons twee keer soveel kan luister as wat ons praat."-Thomas Edison "... Ontwikkel jou sintuie - leer veral om te sien( proe). Besef dat alles verbind is aan alles anders." Sitrusvrugte: Ons leer en ervaar. Ons proe lemmetjies en wys ons "sitrusglimlag."
Erewag
Produksie 2000
Baie dankie aan Produksies 2000/Productions 2000 vir die vertoning! Onthou altyd: Jy het net een lewe... Hoe jy dit leef is jou keuse... Vat dit dag vir dag... Moenie jouself bevraagteken, twyfel of spyt wees nie... Jy het EEN lewe... LEEF DIT! Maak elke dag die moeite werd! Wees trots op jouself, jy verdien dit!
Baie geluk aan ons leerders wat deelgeneem het aan die Mental Maths, Kuns en Spellathon! Ons is baie trots op julle! Sterkte ook aan Katelyn Jones, Karlien Allott en Delainey Phillips wat deelneem aan die volgende rondte!
"OPERASIE STAAN OP TEEN BOELIES" DIT STOP NOU !!!
Dankie, Jacques Gombault. Ons het geleer om te onderskei tussen 4 tipes boelies en gaan dít wat ons geleer het, toepas!
VCSV - 26 Augustus
Kom ons huppel, dans en sing 'n loflied vir ons Koning Jesus.
Cheerleaders
"SUKSES is die som van baie probeerslae wat dag na dag herhaal word." "Elies" se cheerleaders is hard aan die oefen!
Insekte
"As jy kennis het, laat ander toe om hul kerse daarmee aan te steek!" Die graad 3 klasse het hul kennis en kreatiwiteit gebruik vir pragtige insekprojekte. Ons is trots op ons graad 3's!
Twee oud-hokkiespelers en atlete. Hier by Eligwa neem ons nie net deel aan sport nie, maar smee ook hegte vriendskapbande!
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/08/IMG-20220823-WA00131.jpg)
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/08/IMG-20220823-WA00141-1024x683.jpg)
15 Augustus
Dit was vandag baie koud... toe maak ons 'n plan.
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/08/299897674_3329283834025214_7747051892618751156_n-1024x1024.jpg)
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/08/299746305_3329283794025218_5869271909698911755_n-1024x1024.jpg)
Saalopening Graad 4-7
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/08/299749638_3328857440734520_4296791463604889115_n-1024x768.jpg)
Afrikaans
Die graad 5 leerders het hulle eie dialoë geskryf en dit hardop vir die klas gelees! Hier is groot potensiaal vir toekomstige akteurs en aktrises
Graad RR
Tema: insekte
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/08/IMG-20220729-WA0000-1024x768.jpg)
VCSV
29 Julie
…Tell the world that Jesus lives
Tell the world that, tell the world that
Tell the world that he died for them
Tell the world that he lives again...
Graad 1-7 leerders almal saam in die saal.
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/07/295863928_3313505982269666_6852920868543087276_n-1024x505.jpg)
Baie geluk Meneer Boshoff met u verjaarsdag wat op 4 Julie plaasgevind het. Die Elie-familie se wense vir Meneer is gesondheid, hope vrede, veiligheid, liefde en matelose voorspoed. Dankie vir alles wat Meneer vir die skool doen, om Laerskool Eligwa die BESTE te maak. Ons is bevoorreg om Meneer as ons hoof te hê.
Kwartaal 3
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/07/294320463_3308959696057628_4763065080125081300_n-1.jpg)
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/07/288501302_3289760714644193_1155681425920321041_n-1024x512.jpg)
Geniet die vakansie!
Baie dankie almal wat kwartaal 2 'n suksesvolle kwartaal gemaak het! U kind het vandag hul vorderingsverslae, rekeningstate en nuutste uitgawe van die koerant ontvang. Ons wil dankie sê aan Mnr Erasmus en sy redaksiespan wat so hard werk aan Die Arend! Dankie aan ons borge wat dit moontlik gemaak het om vir elke leerder 'n gratis uitgawe te kan gee. Dankie aan Spur Steak Ranches en Debonairs Pizza (Official) vir die geskenkbewyse! Dankie aan Nashua, PNA - Colour your World, LittleKingdom, Debonairs, Spur, Pro Motus Printing en dan ook ons eie snoepie vir die borg van pryse.
![](https://www.eligwa.co.za/wp-content/uploads/2022/07/289338874_3289551934665071_1400289011378609898_n.jpg)
Hoe lank het ons nie gewag vir dié dag nie!
Geen maskers! ![😀](//www.eligwa.co.za/wp-content/plugins/a3-lazy-load/assets/images/lazy_placeholder.gif)
#handrekomhuistoe
Here gee dat ons NOOIT gewoond sal raak aan U GROOT GENADE en liefde nie... Ons het dit nou WEEREENS raakgesien en beleef in die lewe van klein Handre, ons Vinkiekind!
Graad 4 TEGNOLOGIE Deel 2
Spreekwoord: " Moenie hokaai skree voor jy oor die brug is nie." Vir die Graad 4's was daar geen "HOKAAI"! Hul harde werk is beloon...STERK brûe is gebou!!
Opedag
Ons wil graag elke ouer bedank wat hierdie dag saam met ons gedeel het. Dankie aan ieder en elke personneellid wat hard gewerk het, asook ons leiers. Ons hoop om al hierdie voornemende Elies volgende jaar te sien.
Hemelvaart
{"slidestoshow":3,"slidestoscroll":1,"dots":"true","arrows":"true","autoplay":"true","autoplay_interval":3000,"speed":300,"loop":"true","lazyload":""}