Welkom by ons webblad!

Gif-gif

Laerskool Eligwa is geleë aan die oewer van die Vaalrivier en word beskou as een van die toonaangewende skole in die Vaaldriehoek. Ons onderwyskorps is voortreflik en toegewyd en beskou dit as hul voorreg en roeping om elke leerling sy volle potensiaal te laat bereik. Ons is ook trots op ons waardes wat oral op die terrein gesien kan word en is altyd bereid om te vernuwe. Ons beskik oor 'n fantastiese ondersteuningsnetwerk en dinamiese bestuurspan. Ons waarborg dat daar 'n geleentheid vir elke kind sal wees wat hard werk en wil presteer. Laerskool Eligwa is kindgedrewe en ons leef die skool se leuse uit naamlik: Streef steeds hoër! Ons kan slegs sukses behaal indien ons hande vat en as 'n span saamwerk. Hartlik welkom aan ons nuwe personeel, ouers en leerlinge. Mag elkeen baie gelukkig wees en dadelik inskakel by ons wenspan. Eligwa groete, Bennie Boshoff

.
Ons eie “branded” kouse om saam met sportdrag, Vrydagdrag en sweetpakke te dra.
Branded kouse

Ons neem op ‘n gereelde basis foto’s van ons leerlinge gedurende sportbyeenkomste of ander skoolaktiwiteite. Indien u nie wil hê dat u kind se foto op Facebook geplaas mag word nie, versoek ons u vriendelik om ‘n skrywe aan die skool te rig.

Laerskool Eligwa

1 day 1 hour ago

Baie geluk aan Mnr Jason Erasmus wat by ons aangestel is as Departementshoof! Welkom by die span. Ons sien uit na jou leierskap, energie en die positiewe bydraes wat jy gaan maak. Mag dit ’n pad van sukses en groei wees!

Laerskool Eligwa

2 days 13 hours ago

Laerskool Eligwa

2 days 16 hours ago

Geluk aan Avery Gorrie, wat aangewys is as die Sedibeng-Wes Distrik Primêre Skool se Beste Sportdogter van die Jaar. 🏅 Jou harde werk, dissipline en liefde vir sport skyn in alles wat jy doen. Hierdie prestasie is ’n pragtige hoogtepunt om jou laerskoolloopbaan mee af te sluit, en ons kon nie trotser wees nie. Hou aan skitter, Avery! 🌟

Laerskool Eligwa

2 days 16 hours ago

Geluk aan Avery Gorrie, wat aangewys is as die Sedibeng-Wes Distrik Primêre Skool se Beste Sportdogter van die Jaar. 🏅 Jou harde werk, dissipline en liefde vir sport skyn in alles wat jy doen. Hierdie prestasie is ’n pragtige hoogtepunt om jou laerskoolloopbaan mee af te sluit, ons kon nie trotser wees nie. Hou aan skitter, Avery! 🌟

Laerskool Eligwa

5 days 15 hours ago

Kayvian Gorrie neem die naweek deel in die 60m en 80m by die ASA Klub SA’s in Potchefstroom. Ons is trots op jou